mybanner.jpg (4924 byte)
BACK TO THE HOMEPAGE           VOLUNTEER FOR US!

LONWEB PARALLEL TEXTS
DAISY
STORIES
     by Crystal Jones
©

 
 
 

AFRIKAANS
THE SEARCH FOR LORNA
Translated by Jan Schaafsma, English>Afrikaans translator.
E-mail:
jaschaaf@mweb.co.za

 
 
Die soektog na Lorna The search for Lorna
Daisy Hamilton is 'n privaatspeurder. Daisy Hamilton was a private detective.
Sy is dertig jaar oud en is reeds twee jaar lank 'n privaatspeurder. She was thirty years old and had been a detective for the past two years.
Elke oggend gaan sy kantoor toe en wag vir telefoonoproepe of om die deur oop te maak vir kliënte wat haar dienste nodig het. Every morning she went to her office to wait for phone calls or open the door to clients needing her services.
Diasy is nog nie baie bekend nie, maar soms bel mense haar danksy die advertensie wat sy in die plaaslike koerant geplaas het. Daisy wasn't very well known yet but occasionally people telephoned her from the advertisement she had put in the local newspaper.
Een oggend omstreeks elfuur klop iemand aan haar kantoordeur. One morning at about eleven o'clock someone knocked on her office door.
Dit is 'n vet dame wat 'n pels om haar nek dra. It was a fat lady who wore a fur around her neck.
"Hallo, kan ek jou help?" vra Daisy vir die dame. "Kom asseblief binne en sit." "Hello, can I help you?" Daisy asked the lady. "Please come and sit down."
"O, ja beslis! Ek het jou hulp desperaat nodig. "Oh yes indeed! I need your help desperately.
"Lorna, my kleintjie, het verdwyn. Ek weet nie wat om te doen nie." Lorna, my little one has disappeared. I don't know what to do."
Daisy bied die vet dame 'n koppie kitskoffie aan en wag vir die besonderhede. Daisy offered the fat lady a cup of instant coffee and awaited the details.
Die vet dame gaan sit swaar en sit haar groot rooi leerhandtas op Daisy se lessenaar neer. The fat lady sat down heavily and put her large red leather handbag on Daisy's desk.
"Vertel my asseblief alles – mev. …?" "Please tell me everything - Mrs. ...?"
"Mev. Edwina Humphries is my naam. Ek is bevrees hulle gaan my om geld vra – ek is bevrees Lorna is ontvoer!" "Mrs. Edwina Humphries is my name. I am afraid they will ask me for money - I'm afraid Lorna has been kidnapped!"
"Dis verskriklik, mev. Humphries. Dink mnr. Humphries ook Lorna is ontvoer?" "That's terrible, Mrs. Humphries. Does Mr. Humphries, too, think Lorna has been kidnapped?"
"My man gee glad nie om of Lorna ontvoer is of nie!" "My husband is not interested if Lorna has been kidnapped or not!"
"Werklik, mev. Humphries? Maar is jou man Lorna se regte pa?" "Really, Mrs. Humphries? But is your husband Lorna's real father?"
"Ek weet nie wat jy bedoel nie. Ons het Lorna saam gekoop," antwoord mev. Humphries. "I don't know what you mean. We bought Lorna together," replied Mrs. Humphries.
"Julle het haar gekoop … mev. Humphries, dis onwettig, weet jy?" "You bought ............Mrs. Humphries, that's illegal, you know."
"Nee, dit is nie, nie in Indië nie!" "No it isn't, not in India!"
"Julle het Lorna in Indië gekoop?" "You bought Lorna in India?"
"Ja, inderdaad! En sy is altyd baie goeie geselskap vir my, weet jy." "Yes indeed! And she always keeps me great company, you know."
Mev. Humphries maak haar yslike leertas oop om 'n sakdoek uit te haal. Mrs. Humphries opened her huge leather bag to pull out a handkerchief.
Met afgryse sien Daisy hoe 'n wriemelende dier uit die tas kom. With horror Daisy saw a wiggling creature come out of that bag.
"Mev. Humphries – skuif dit onmiddellik weg!" skree Daisy. "Mrs. Humphries - move that away immediately!" screamed Daisy.
"Wat? O, Lorna – oplaas vind ek jou!" sê mev. Humphries. "Jy het in my tas weggekruip – jou stoute meisie!" "What? Oh Lorna - I've found you at last!" said Mrs. Humphries."You hid in my bag - you naughty girl!"
"Mev. Humphries. Is dit Lorna?" "Mrs. Humphries. This is Lorna?"
"Ja, ons Bengaalse moerasslang. O, dankie, hartjie. Nee, ek dink nie ek het jou dienste nog nodig nie!" "Yes, our Bengali swamp snake. Oh thank you my dear. No, I don't think I need your services any longer!"
Toe Daisy die deur agter mev. Humphries toemaak, maak sy in haar gedagtes 'n aantekening dat sy in haar advertensie moet skryf: geen diere nie, geen slange nie. As Daisy shut the door after Mrs. Humphries, she made a mental note to write in the advertisement: no animals, no snakes.